Coenie De Villiers
Текст песни Magda Se Tuin

Добавьте этот текст песни в ваш персональный список песен.

Текст песни Coenie De Villiers - Magda Se Tuin

In Magda se tuin
spin politici drome
onder druipende, donkerpers bome;
word dan en wan
selfs 'n witskrif beplan
in haar Oktober-tuin,
haar Bryntirion-tuin

En eenmaal per week
word die spyskaart bespreek -
die gesprek is verfyn
soos die wit porselein
wat rinkel en klink
as sy weer 'n keer skink
in Magda se tuin,
Haar Bryntirion-tuin

(koor)
En die ringmuur loop wit
om haar tuin
en die ysterhek is gegote
en die naam van die huis
lees "Welkom Tuis",
maar die reusehek bly geslote
ja, Magda se tuin bly geslote

In Magda se tuin
staan besoekers verbaas
oor die grasperk se froen
dier die sproeiers se waas;
maar die glas op die muur
is bierbottelbruin
in Magda se tuin,
haar Bryntirion-tuin

In Magda se tuin
is die visdam versteek
en 'n goudvis wat soms
deur die oppervlak breek
is meerendeels geel
maar af en toe bruin
in Magda se tuin
haar Bryntirion-tuin

(koor)

Поиск текстов

Ваш личный список песен:

Для быстрого перехода к нужной песне вы можете добавлять в этот список любые тексты песен. Данный список автоматически сохраняется на вашем компьютере.