Glaskas
Текст песни Vas

Добавьте этот текст песни в ваш персональный список песен.

Текст песни Glaskas - Vas

Ek stry met myself
en oorweeg onverwags
sewe dae sonder jou
Ek wag sonder vrae
op jou antwoord
en stel myself teleur
terwyl ek weet
maar aanhou ontken

Ek voel nie meer jou oe op my nie
maar ek asem jou geur steeds in
en ek besef die gevaar om jou te begeer
verontagsaam alle logiese verduideliking
want ek weet nie wat hierdie emosie
se naam is nie, ek weet nie!

Jy kyk om, so helemal onbewus
van jou skoonheid en ek besef
jy's alreeds so helemal deel van my
Binne in hierdie kamer en
binne in hierdie gedagte
maar die deur bly oopgesluit

Jy se nie hoe jy voel nie,
en al wat ek nog kon doen is voel.
Ek wil my gedagtes vir jou lees,
en dan skryf ek dit neer,
en hoop jy verstaan wat ek bedoel.

Wanneer jy slaap bly ek wakker
en skryf jou raaisels uit.
Waneer jy kaalvoet deur my hart kom loop
sluit jy die deur na my gedagtes oop

Jy kyk om, so helemal onbewus
van jou skoonheid en ek besef
jy's alreeds so helemal deel van my.
Binne in hierdie kamer en
binne in hierdie gedagte,
maar die deur bly oopgesluit

Поиск текстов

Ваш личный список песен:

Для быстрого перехода к нужной песне вы можете добавлять в этот список любые тексты песен. Данный список автоматически сохраняется на вашем компьютере.